Taak Inligting

Hi daar aan alle leerders, en die ouers wat hulle help met hulle skoolwerk.

Ilze kry gereeld navrae van leerders wat ‘n skoolprojek oor hul gunsteling skrywer moet doen.  Daarom het ons dit goed gedink om al die inligting wat julle benodig alles hier lekker bymekaar te sit vir julle.

Hiermee ‘n bietjie agtergrond oor Ilze as skrywer, en sien ook hieronder 2 dokumente wat julle kan aflaai. Die eerste dokument is ‘n netjiese lys van al Ilze se kortverhale en gedigte wat in die Via Afika Leesreeks uitgegee is, asook agtergrondinligting oor die kortverhaal, Die venster.


Sterkte met die taak!

Ilze Beukes Agtergrondinligting.

  • Ek is gebore op 27 April 1963 op ‘n klein Vrystaatse dorpie, Lindley. My ouers was Fritz en Nella van Wyk

  • Ons het baie rondgetrek as gevolg van my pa se beroep. Daarom was ek in ses skole.

  • Reeds van ‘n jong ouderdom, was ek ‘n boekwurm. Op hoërskool het ek begin met die skryf van gedigte (net vir myself). My Afrikaanse onderwyser het my aangemoedig om te skryf, aangesien hy gedink het my opstelle toon potensiaal. Tog het ek eers in ‘n latere stadium van my lewe kans gekry om skyfkursusse by te woon, wat uiteindelik tot gepubliseerde verhale gelei het.

  • In 1981 skryf ek matriek en begin direk daarna werk.

  • Ek is getroud en het drie kinders, twee dogters en een seun. Ek is ook reeds ‘n ouma van vier. Twee kleindogters en twee kleinseuns. Hulle is ‘n groot vreugde in my lewe.

  • Ek en my man het in 2018 afgetree en woon nou in Kleinmond in die Wes-Kaap.

    Ilze Beukes werksagtergrond :

    – SAPD – Ladybrand
    – Coco PI – Bellville
    – SAPD Kaapstad
    – Sanlam Bellville
    – Sanlam Kroonstad
    – CAD Kroonstad
    – Arboretum Aftree-oord Kroonstad
    – Kroon Primary Kroonstad, waarna ek afgetree het en voltyds begin skryf het.

Stokperdjies:
Ek hou van stap in die natuur, lees, naaldwerk en skryf bly bo aan die lys.

Sien inligting oor ander gepubliseerde stories onder liefdesverhale en jeugverhale op hierdie webtuiste.