Wie is Ilze Beukes?

Ilze Beukes is ‘n skrywer van liefdesverhale en jeugverhale. Sy het afgetree en woon nou op Kleinmond in die Wes-Kaap saam met haar man en seun. Desember vakansies is die hoogtepunt van elke jaar, wanneer haar twee dogters met hulle gesinne ook kan saamkuier. Sy het vier kleinkinders wat haar hart se punt is.

Daar is reeds verskeie liefdesverhale van haar gepubliseer. Die eerste twee deur NB uitgewers en daarna volg ‘n paar Romanzas deur Lapa uitgewers. Sy is reeds fluks besig met die skryf van haar volgende Romanza.

Ilze skryf ook graag kortverhale vir skoolboek-reekse. Daar is reeds twaalf kortverhale en vier gedigte in ‘n Via-Afrika reeks gepubliseer en ‘n verdere vyf in ‘n reeks uitgegee deur Pearson Uitgewers. In 2022 word nog twee kortverhale opgeneem in ‘n leesboek vir skole deur Lapa Uitgewers.

Wanneer die pragtige bergroetes in Kleinmond of die see nie haar aandag aftrek nie, bly skryf haar passie en onlosmaaklik deel van wie sy is.